Alles wat jy nodig het, is in God se Woord

Mediteer

Soms sê ons vir nuwe gelowiges dat hulle hulle lewens moet regkry, maar ons sê nie vir hulle hoe om dit te doen nie!

Jesus het gesê: 'As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.'

Paulus skryf: '...Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie' (Galasiërs 5:16).

Blywende verandering kom van binne. Jou grootste stryd sal altyd in die area van jou denke en impulse wees. As Satan jou aandag van God se Woord na die vleeslike ryk kan aftrek, kan hy jou elke keer na sonde en nederlae toe lei.

God se Woord is die taal van God se Gees. Dit beteken dat wanneer jy dit lees en op die beginsels daarvan mediteer, laat jy die Heilige Gees toe om met jou te praat en kan jy gevolglik jou vlees onder beheer hou.

Wanneer jy egter by jou sondige gedagtes stilstaan, tree jy in die Vyand se taal op en laat jy hom toe om jou te beheer.

Gaan dus vandag terug na God se Woord toe. Dis die swaard van die Gees en die enigste wapen wat skerp genoeg is om jou van sonde los te sny.

Petrus sê: 'Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe...

Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur.

Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die geneigdheid van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sle g word' (2 Petrus 1:3-4).

Alles wat jy nodig het is in God se Woord.

Scroll to Top